|
By AM Fotos streef Amanda en Malan daarna om die volkome diens aan hulle kliente te lewer. Of dit nou daardie spesiale verlowing, die troudag, die ou kleintjie se eerste tree of net spesiale oomblikke is om te onthou, ons gaan uit ons pad om dit vir jou as klient so maklik moontlik te maak.
Alle fotos wat geneem word word aan die klient op 'n CD verskaf sodat hulle ter enige tyd afskrifte kan maak. Die fotos word in groot sowel as klein formaat aan die klient verskaf. Die klein formaat is geskik om vir daardie familie lid wat ver is per e-pos te kan stuur sonder om die mail box vol te maak. Ons is gebaseer in die vaaldriehoek maar kan ook op ander plekke fotos neem. Kyk gerus deur voorbeelde van ons fotos en kontak ons dan vir verdere inligting. Ons is daar om 'n diens te lewer. |